Deuteronomy 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder sal die HERE jou God die perdebye onder hulle instuur totdat die wat oorbly en hulle vir jou verberg, verdelg word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die Here jou God paniek onder hulle saai om die paar oorlewendes wat nog vir jou wegkruip, uit te dryf!
Afrikaans 1933/1953 En die HERE jou God sal ook die perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het.
Afrikaans 1983 Die Here jou God sal die nasies die skrik op die lyf jaag totdat ook dié wat oorgebly het en vir jou weggekruip het, uitgewis is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here jou God sal ook paniek onder hulle saai, totdat dié wat oorgebly het en vir jou wegkruip, vernietig is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, julle God die Here sal perdebye stuur teen daardie mense, nie een van hulle sal kan wegkruip en aanhou lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal al die nasies bang maak vir jou. Die Here sal self almal wat vir julle wegkruip, verwoes.