Deuteronomy 7:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die magtige hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God doen met al die volke van wie jy kuns bang.
Afrikaans (NLV) 2011 Met jou eie oë het jy die verskriklike dinge gesien wat die Here jou God na hulle gestuur het. Onthou die tekens en wonderdade en die geweldige krag wat die Here gebruik het om jou uit Egipte te lei. Hierdie selfde krag sal die Here jou God gebruik teen die volke waarvoor jy bang is.
Afrikaans 1933/1953 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
Afrikaans 1983 Jy het met jou eie oë gesien met watter groot plae en tekens en wonders, met watter magtige dade en wonderdade die Here jou God jou bevry het. Hy sal met al die volke vir wie jy bang is, maak soos met Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die groot teistering wat jy met jou eie oë gesien het, die tekens van mag en wondertekens, die sterk hand en uitgestrekte arm waarmee die Here jou God jou uitgelei het. So sal die Here jou God ook maak met al die volke vir wie jy bang is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het self gesien hoe julle God die Here daardie mense laat swaarkry het. Julle het die tekens en die wonderwerke en sy groot krag gesien, Hy het dit gebruik om julle uit Egipte te bring. Julle God die Here sal dieselfde doen met al die volke vir wie julle bang is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het mos die krag van die Here daar in Egipte gesien. En jy het mos ervaar hoe die Here jou met sy groot krag uit Egipte gelei het. So sal die Here ook met al die nasies maak vir wie jy nou so bang is.