Deuteronomy 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet al die volke verteer wat die HERE jou God jou sal red; jou oog sal hulle nie ontferm nie; en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou 'n strik wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vernietig al die nasies wat die Here jou God aan jou oorgee. Moenie hulle spaar nie en moenie hulle gode aanbid nie. As jy dit doen, sal dit vir jou ’n valstrik wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy sal al die volke verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou 'n strik wees. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet al die volke wat deur die Here jou God in jou mag oorgegee word, uitroei. Moenie een van hulle spaar nie en moenie hulle gode dien nie: hulle is valstrikke vir jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy moet al die volke wat die Here jou God aan jou gaan oorgee, verdelg. Jy mag hulle nie jammer kry nie. Jy mag hulle gode nie dien nie, want dit sal vir jou 'n valstrik wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal al die volke oorwin en doodmaak wat julle God die Here vir julle gee, julle sal nie jammer wees vir hulle nie. Julle moenie hulle gode dien nie, want dan sal julle in 'n vangstrik val. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vernietig alle volke wat die Here in jou hande gaan gee. Bewys aan niemand van hulle enige genade nie en dien geen ander gode nie, want dit kan jou lewe verwoes.” |