Deuteronomy 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE sal alle krankheid van jou wegneem en geeneen van die slegte siektes van Egipte wat jy ken, op jou lê nie; maar sal dit lê op almal wat jou haat.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal jou bewaar van alle siektes. Hy sal sorg dat die verskriklike siektes wat jy in Egipte geken het jou nie tref nie. Hy sal die siektes eerder op jou vyande laat neerkom!
Afrikaans 1933/1953 En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.
Afrikaans 1983 Die Here sal elke soort siekte van jou af weghou. Nie een van Egipte se dodelike siektes wat jy maar alte goed ken, sal Hy jou laat tref nie. Hy sal dit jou vyande laat tref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal elke siekte van jou wegkeer en Hy sal al die verskriklike peste van Egipte wat jy ken, nie oor jou bring nie, maar dit oor al jou vyande laat kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal keer sodat julle nie siek word nie, julle sal nie een van die slegte siektes van Egipte kry nie. Die Here sal daardie siektes nie by julle bring nie, Hy sal dit bring by die mense wat vir julle haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En die Here sal jou teen alle siektes bewaar. Al die verskriklike siektes van Egipte wat jy ook baie goed ken, sal die Here van jou af weghou. Hy sal sorg dat jou vyande al daardie siektes kry.