Deuteronomy 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal geseënd wees bo al die volke: daar mag geen man of vrou onvrugbaar wees onder jou of onder jou vee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal meer geseënd wees as al die volke van die aarde. Nie een van jou mans of vroue sal onvrugbaar wees nie en ook nie jou diere nie.
Afrikaans 1933/1953 Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
Afrikaans 1983 Dit sal met jou beter gaan as met al die volke. Nie een van jou mense of jou vee sal onvrugbaar wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal meer geseënd wees as al die volke: Daar sal by jou geen onvrugbare man of vrou wees nie, ook nie by jou diere nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal vir julle meer seën as vir ander volke, elke man en vrou sal kinders kan kry, elke koei sal kalwers kan kry en elke skaap-ooi en bok-ooi sal lammers kan kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met geen ander volk sal dit so goed gaan soos met jou nie. Nie jy of jou diere sal ooit onvrugbaar wees nie.