Deuteronomy 7:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal dit gebeur, as julle na hierdie verordeninge luister en dit onderhou en doen, dat die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid sal hou wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy luister na hierdie gebooie en dit getrou gehoorsaam, sal die Here jou God sy verbond van troue liefde met jou nakom, net soos Hy dit plegtig aan jou voorouers beloof het.
Afrikaans 1933/1953 En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;
Afrikaans 1983 “As jy goed luister na hierdie bepalings en hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal die Here jou God sy verbond nakom en sy troue liefde aan jou betoon soos Hy aan jou voorvaders met 'n eed beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As beloning daarvoor dat julle hierdie wette gehoorsaam, dit nakom en dit uitvoer, sal die Here jou God vir jou die verbond en troue liefde in stand hou wat Hy aan jou voorvaders met 'n eed bevestig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle gehoorsaam is aan hierdie wette en doen wat die wette sê, dan sal julle God die Here doen wat Hy in sy verbond belowe het vir julle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy na hierdie gebooie luister en dit gehoorsaam, sal die Here jou bly liefhê en aan die ooreenkoms dink wat Hy al met jou voorvaders gesluit het.