Deuteronomy 7:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en vergeld die wat Hom haat in hul aangesig, om hulle te vernietig;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar, Hy huiwer ook nie om die mense wat Hom haat, te straf en te vernietig nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
Afrikaans 1983 maar Hy straf elkeen wat Hom haat, Hy bring hom om, Hy laat nie na om elkeen wat Hom haat, te straf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar hulle wat Hom verwerp, vergeld Hy direk deur hulle te vernietig. Daar is geen uitstel vir dié wat Hom verwerp nie: Hy vergeld hulle direk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Hy sal al die mense straf en laat sterf wat nie lief is vir Hom nie, Hy sal nie vergeet nie, Hy sal hulle straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie Hom haat, sal Hy straf. Vir sy haters sal Hy geen genade oorhê nie.