Deuteronomy 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal vir ons geregtigheid wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie doen voor die aangesig van die HERE onse God, soos Hy ons beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ons al die bepalings gehoorsaam wat die Here ons God gee, sal ons regverdig wees.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Ons sal die wil van die Here ons God doen as ons hierdie hele wet in sy teenwoordigheid gehoorsaam en daarvolgens lewe soos Hy ons beveel het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal tot ons heil strek as ons hierdie hele gebod nougeset nakom in die teenwoordigheid van die Here ons God, soos Hy ons beveel het.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ons versigtig is en alles doen wat die wette van ons God die Here sê, dan doen ons reg, soos Hy wil hê.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En as ons alles nakom wat die Here ons beveel het, sal Hy ons ook liefhê.’” |