Deuteronomy 6:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te doen, om die HERE onse God te vrees, vir altyd ten goede, sodat Hy ons in die lewe kan hou soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here ons God het ons beveel om al die voorskrifte te gehoorsaam, om die Here ons God te eerbiedig sodat ons voorspoedig kan wees en bly lewe soos dit tans is.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.
Afrikaans 1983 Die Here het ons beveel om volgens al hierdie voorskrifte te lewe en om die Here ons God te dien, sodat dit altyd goed kan gaan met ons en sodat ons kan bly lewe soos dit nou die geval is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het ons beveel om volgens al hierdie vaste voorskrifte te leef en om vir die Here ons God ontsag te hê, sodat dit altyd met ons goed sal gaan en sodat Hy ons in die lewe sal hou soos dit vandag is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het toe gesê ons moet doen wat al hierdie wette sê, ons moet ons God die Here dien, sodat dit altyd goed sal gaan met ons en sodat ons kan aanhou lewe, soos vandag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here ons beveel om Hom lief te hê en te doen wat Hy vra. As ons dit doen, sal dit met ons goed gaan. Dan sal ons bly lewe.