Deuteronomy 6:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God jou beveel het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jou kinders jou in die toekoms vra: ‘Wat beteken al hierdie vereistes, voorskrifte en bepalings wat die Here ons God vir ons gegee het om na te kom?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het? |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer jou seun jou in die toekoms vra: Wat beteken die verordeninge en die voorskrifte en die bepalings wat die Here ons God vir u gegee het? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wanneer jou kind in die toekoms vir jou vra, ‘Wat is die bedoeling van die bepalings, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here ons God vir julle voorgeskryf het?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle kinders sal later vir julle vra: ‘Hoekom het ons God die Here die wette vir julle gegee?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer jou kinders jou eendag vra: ‘Hoekom het die Here ons God julle al hierdie wette gegee en hoekom moet ons dit gehoorsaam?’ |