Deuteronomy 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat jy die HERE jou God kan vrees, om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te onderhou, jy en jou seun en jou seun se seun, al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jy, jou kinders en jou kleinkinders moet die Here dien so lank as wat jy lewe. As jy al sy voorskrifte en bevele gehoorsaam, sal jy ’n lang lewe geniet. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat jy die HERE jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou -- jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word. |
| Afrikaans 1983 | “So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat jy ontsag mag hê vir die Here jou God, deur al sy vaste voorskrifte en gebooie wat ek jou beveel, na te kom so lank jy leef, jy en jou kinders en jou kleinkinders, en sodat jy 'n lang lewe mag hê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit beteken julle en julle kinders en kleinkinders moet julle God die Here dien en julle moet alles doen wat die wette sê wat ek vir julle gee. Julle moet dit doen so lank soos julle lewe. As julle luister na die wette wat ek vir julle gee, dan sal julle lank lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou hele lewe lank moet jy die Here liefhê en sy wil uitleef. Jy en jou nageslag moet dit doen sodat julle lank kan leef en oud kan word. |