Deuteronomy 6:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Want die HERE jou God is 'n jaloerse God onder julle) dat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en jou van die aarde af vernietig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 want die Here jou God wat naby jou is, is ’n God wat onverdeelde lojaliteit vereis. As jy ander gode aanbid, sal sy woede teen jou opvlam en Hy sal jou van die aarde af wegvee.
Afrikaans 1933/1953 want die HERE jou God is 'n jaloerse God by jou -- sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.
Afrikaans 1983 want die Here jou God eis onverdeelde trou aan Hom. Hy is by jou, en as jy ander gode aanhang, sal sy toorn teen jou ontvlam en sal Hy jou van die aarde af wegvee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die Here jou God wat in julle midde is, is 'n besitlike God. Anders sal die toorn van die Here jou God teen jou ontbrand, en dan gaan Hy jou van die aardbodem af uitdelg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want julle God die Here is by julle, Hy wil hê julle moet net vir Hom dien. As julle ook aan ander gode wil behoort, dan sal die Here kwaad word vir julle en Hy sal julle laat verdwyn van die aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here jou God duld geen ander gode nie en as jy hulle aanbid, sal die Here se woede jou soos ’n vuur vernietig.