Deuteronomy 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien en by sy Naam sweer.
Afrikaans (NLV) 2011 Betoon eerbied aan die Here jou God en dien Hom. Wanneer jy ’n eed sweer, mag jy net sy Naam gebruik.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer.
Afrikaans 1983 Jy moet die Here jou God eer en dien en net in sy Naam 'n eed aflê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die Here jou God moet jy ontsag hê: Hom moet jy dien, en slegs in sy Naam moet jy sweer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet julle God die Here eer en dien, en wanneer julle iets belowe, dan moet julle net sý Naam noem, Hy moet die getuie wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet die Here altyd liefhê, Hom dien en net in sy Naam beloftes aflê.