Deuteronomy 6:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En huise vol van alle goeie dinge wat jy nie gevul het nie, en putte wat jy nie gegrawe het nie, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie; as jy geëet en versadig word; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die huise is vol met goeie goed waarvoor jy nie gewerk het nie. Jy sal water skep uit putte wat jy nie self gegrawe het nie. Jy sal van wingerde en olyfbome eet wat jy nie self geplant het nie. Wanneer jy jou in die land versadig geëet het, |
| Afrikaans 1933/1953 | en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie -- en jy eet en versadig word, |
| Afrikaans 1983 | huise vol voorrade waarvoor jy nie gewerk het nie, putte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy sal kos in oorvloed hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | huise vol met alles wat goed is, wat jy nie gevul het nie, uitgekapte opgaarputte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy dan eet en versadig word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal vir julle ook huise vol goed gee wat julle nie bymekaargemaak het nie, watergate wat julle nie self uit die klip gekap het nie, wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Wanneer julle genoeg het van alles, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal in huise vol mooi dinge bly, maar wat julle nie self mooi gemaak het nie. Daar sal ook waterputte wees wat julle nie self uitgekap het nie en wingerde en olyfbome wat julle nie self geplant het nie. In die nuwe land sal daar altyd kos wees. |