Deuteronomy 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal wees as die HERE jou God jou ingebring het in die land wat Hy aan jou vaders, aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het, om jou groot en mooi stede te gee wat jy nie gebou het nie, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here jou God bring jou binnekort in die land wat Hy aan jou voorouers Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het. Dit is ’n land met groot en mooi stede, stede waaraan jy nie gebou het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met 'n eed beloof het om jou te gee -- groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, |
| Afrikaans 1983 | “Die Here jou God sal jou bring in die land waarvan Hy met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om vir jou groot en mooi stede te gee wat jy nie gebou het nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer die Here jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou voorvaders, aan Abraham, Isak en Jakob, met 'n eed beloof het om vir jou te gee – groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle God die Here sal julle bring na die land wat Hy belowe het vir julle voorvaders, Hy het dit belowe vir Abraham, Isak en Jakob. Hy sal vir julle groot en mooi stede gee wat julle nie gebou het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer die Here julle in die land bring wat Hy lank gelede al aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, sal julle in mooi, groot stede woon; stede wat julle nie self gebou het nie. |