Deuteronomy 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die gebooie, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem:
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is die bevele, voorskrifte en bepalings wat die Here julle God aan my meegedeel het om vir julle te leer. Die bedoeling hiervan is dat julle Hom gehoorsaam kan wees in die land wat julle nou binnegaan en in besit gaan neem.
Afrikaans 1933/1953 Dit is dan die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;
Afrikaans 1983 “Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Dit dan is die gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here julle God my beveel het om julle te leer, dat julle dit kan uitleef in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het toe gesê: “Hier is die wette van julle God die Here. Hy het gesê ek moet dit vir julle leer, sodat julle sal doen wat die wette sê in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het weer vir die volk gesê: “Hier is die wet en die voorskrifte wat die Here gesê het ek vir julle moet leer. Leef daarvolgens in die land wat julle binnekort gaan binnegaan.