Deuteronomy 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van enigiets wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Moenie vir jou afgodsbeelde maak wat enigiets afbeeld wat bo in die lug of daaronder op die aarde of in die water onder die aarde is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. |
| Afrikaans 1983 | “ ‘Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag nie vir jou 'n gesnede beeld van 'n god maak nie – enige afbeelding van wat in die hemelruim daar bo of op die aarde hier onder of in die water onder die aarde is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [8-9] “ ‘Jy mag nie vir jou 'n beeld maak en voor hom buig en hom dien nie. Jy mag nie 'n beeld maak wat lyk soos iets bo in die hemel of soos iets onder op die aarde of soos iets in die water onder die aarde nie. Ek is jou God die Here, jy moet net vir My aanbid. Ek straf die kinders as die pa sonde gedoen het. Ek straf ook sy kinders en kleinkinders as hy My haat en ongehoorsaam is aan My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Jy mag geen beeld maak van enigiets wat in die hemel is, of op die aarde of in die waters onder die aarde nie. |