Deuteronomy 5:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle moet wandel in al die weë wat die HERE julle God julle beveel het, dat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bly op die koers wat die Here julle God julle beveel het om te volg. Dan sal julle lank en voorspoedig lewe in die land wat julle nou in besit gaan neem.” |
| Afrikaans 1933/1953 | In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem. |
| Afrikaans 1983 | Bly op die pad wat die Here julle God vir julle aangewys het, sodat julle kan bly lewe en voorspoedig kan wees en lank kan woon in die land wat julle in besit sal neem.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet die hele pad volg, soos die Here julle God julle beveel het, sodat julle kan leef en dit met julle goed kan gaan – ja, sodat julle lank kan leef in die land wat julle in besit gaan neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en op die pad loop wat julle God die Here vir julle sê. Dan sal julle aanhou lewe en dit sal goed gaan met julle. Julle sal lank woon in die land wat julle vir julleself sal vat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Loop die pad van gehoorsaamheid sodat julle gelukkig kan leef en vir altyd in die land kan woon wat julle in besit gaan neem.” |