Deuteronomy 5:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat jou betref, staan jy hier by My, en Ek sal vir jou spreek al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle gee om dit in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bly jy hier by My sodat Ek jou al my gebooie, voorskrifte en bepalings kan gee. Jy moet dit vir die volk leer sodat hulle dit kan gehoorsaam in die land wat Ek aan hulle as hulle erfdeel gaan gee.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem. |
| Afrikaans 1983 | Maar jy moet hier by My kom staan. Ek wil die hele wet vir jou gee, die voorskrifte en die bepalings wat jy vir hulle moet leer, en waarvolgens hulle moet lewe in die land wat Ek vir hulle gee om te besit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar jy, kom staan hier by My, sodat Ek die volledige gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat jy vir hulle moet leer, aan jou kan voorhou. Hulle moet dit uitleef in die land wat Ek vir hulle gaan gee om in besit te neem.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar jy moet hier by My bly sodat Ek vir jou al die gebooie en die wette kan gee wat jy vir hulle moet leer. Hulle moet dit doen in die land wat Ek vir hulle gee om dit vir hulleself te vat.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy, Moses, moet egter nader aan My kom staan sodat Ek my wet en gebooie vir jou kan vertel. Jy moet hulle dan my wil gaan leer sodat hulle vir altyd die land kan behou wat Ek hulle gaan gee.’” |