Deuteronomy 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het hierdie verbond nie met ons vaders gesluit nie, maar met ons, ons wat vandag almal hier in die lewe is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het die verbond nie net met ons voorouers gesluit nie, maar met almal van ons wat vandag hier is en nog lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Met ons vaders het die HERE hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is. |
| Afrikaans 1983 | Dit is nie ons voorvaders met wie Hy hierdie verbond gesluit het nie, maar ons, ons almal wat hier is en nou lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is nie met ons voorouers wat die Here hierdie verbond gesluit het nie, maar met ons – ons hier wat vandag nog almal leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het hierdie verbond met óns gemaak, ons almal wat vandag hier lewe, Hy het nie die verbond met ons voorvaders gemaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het nie met ons voorouers ’n ooreenkoms gesluit nie, maar met ons; met ons wat nog leef en wat vandag hier op Bet-Peor se vlakte staan. |