Deuteronomy 5:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het; en die HERE het vir my gesê: Ek het die stem van die woorde van hierdie volk gehoor wat hulle met jou gespreek het; hulle het alles goed gespreek wat hulle gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here het julle versoek gehoor en vir my gesê: ‘Ek het gehoor wat die mense vir jou gesê het en hulle is reg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê die HERE vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed wat hulle gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | “Toe die Here hoor wat julle vir my sê, het Hy vir my gesê: Ek het gehoor wat hierdie volk vir jou gesê het. Wat hulle gesê het, is goed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die Here het duidelik gehoor wat julle sê toe julle met my gepraat het. Die Here het vir my gesê, ‘Ek het die woorde wat hierdie volk vir jou gesê het, duidelik gehoor. Alles wat hulle gesê het, is goed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die Here het gehoor wat julle vir my gesê het en Hy het vir my gesê: ‘Ek het gehoor wat hierdie volk vir jou gesê het, hulle is heeltemal reg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe die volk geantwoord: “Terwyl julle so met my gepraat het, het die Here elke woord gehoor. En Hy het vir my gesê: ‘Ek het gehoor wat hulle jou gevra het en dit is goed so. |