Deuteronomy 5:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan jy nader en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; en spreek met ons alles wat die HERE onse God met jou sal spreek; en ons sal dit hoor en dit doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan jy en luister na wat die Here ons God sê. Kom dan terug en vertel ons alles oor wat Hy vir jou gesê het. Ons sal luister en daaraan gehoorsaam wees.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan u naderby en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; dan kan u ons alles meedeel wat die HERE onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen. |
| Afrikaans 1983 | Gaan jy nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gaan jy nader en luister na alles wat die Here ons God sê, dan kan jy weer vir ons alles sê wat die Here ons God vir jou gesê het. Ons sal luister en dit doen.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses, jý moet nader gaan en gaan luister na wat ons God die Here sê. En dan moet jý vir ons alles sê wat ons God die Here vir jou gesê het. Ons sal gehoorsaam wees en doen wat Hy sê.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses, jy alleen moet van nou af na die stem van die Here gaan luister en ons dan kom vertel wat Hy sê. Ons sal goed na jou luister en doen wat die Here vra.’” |