Deuteronomy 5:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het, soos ons, en geleef het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Watter mens kan die stem van die lewende God vanuit die vuur hoor en dit oorleef? |
| Afrikaans 1933/1953 | Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het? |
| Afrikaans 1983 | Watter mens het die stem van die lewende God wat uit die vuur uit praat, gehoor soos ons en bly lewe? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Trouens, is daar enige mens wat al soos ons die stem van die lewende God gehoor het terwyl Hy uit die vuur praat, en bly leef het? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want daar is niemand op die aarde wat ook soos ons die stem gehoor het van die God wat lewe, en wat daarna aangehou lewe het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Is daar ander mense op die aarde wat die stem van die lewende God in ’n vuur gehoor het en nog leef? |