Deuteronomy 5:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom moet ons dan nou sterwe? want hierdie groot vuur sal ons verteer; as ons nog die stem van die HERE onse God hoor, sal ons sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou, waarom sou ons moet doodgaan? As die Here ons God weer met ons sou praat, sal ons verseker doodgaan en verteer word deur die vreeslike vuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van die HERE onse God nog langer hoor, sal ons sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Maar as ons weer die stem van die Here ons God hoor, sal ons sterf, want hierdie groot vuur sal ons verteer. Waarom moet ons die gevaar loop om te sterf? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom moet ons dan nou sterf? Want hierdie groot vuur gaan ons verteer! As ons langer moet luister na die stem van die Here ons God, gaan ons sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as ons moet aanhou om die stem van ons God die Here te hoor, dan sal ons sterf, ons sal brand in hierdie groot vuur. En ons wil nie sterf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ons egter aanmekaar so na die Here se stem luister, kan die groot vuur ons dalk vernietig. En waarom moet ons onnodig sterf? |