Deuteronomy 5:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle het gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; ons het vandag gesien dat God met die mens spreek, en hy lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het gesê: ‘Die Here ons God het ons sy glorie en grootheid gewys. Ons het sy stem uit die vuur gehoor. Vandag het ons gesien dat God met mense praat en hulle bly nog leef!
Afrikaans 1933/1953 en gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.
Afrikaans 1983 en gesê: ‘Die Here ons God het ons sy mag en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur uit gehoor. Vandag het ons ondervind dat God met mense praat, en hulle bly lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en gesê, ‘Kyk, die Here ons God het ons sy majesteit en grootheid laat sien en ons het selfs sy stem uit die vuur gehoor. Vandag het ons dit ervaar dat God met 'n mens praat en dat hy bly leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en gesê: ‘Luister, die Here, die Groot Koning, het aan ons verskyn, ons het Hom gehoor praat uit die vuur. Vandag het ons gesien dat 'n mens kan aanhou lewe wanneer God met hom praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Luister, Moses, toe die Here hier by die berg met ons uit die vuur gepraat het, het ons sy grootsheid en almag gevoel. Vandag het ons self gesien dat die Here direk met mense kan praat en dat hulle daarna nog kan bly leef.