Deuteronomy 5:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie woorde het die HERE met 'n groot stem aan julle hele vergadering gespreek op die berg uit die vuur, die wolk en die donkerte; en Hy het niks meer bygevoeg nie. En hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here het hierdie woorde met ’n harde stem aan almal van julle gesê. Dit was vanuit die vuur omring met wolke en in stikdonkerte. Dit is al wat Hy toe gesê het. Hy het sy woorde ook op twee kliptafels geskryf en dit vir my gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here het by die berg al hierdie gebooie duidelik hoorbaar aan julle hele gemeente gegee, uit die vuur en die stikdonker wolk uit, en toe het Hy stilgebly. Daarna het Hy dit op twee plat klippe geskryf en dit vir my gegee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Hierdie woorde het die Here met 'n harde stem uit die vuur, wolke en diepe duisternis op die berg vir julle hele geloofsgemeenskap gesê. Hy het niks bygevoeg nie, dit op twee kliptafels gegraveer en dit vir my gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die Here het hierdie woorde hard en duidelik gesê vir julle hele volksvergadering, en Hy het nie nog iets anders gesê nie. Dit was op die berg, en Hy het gepraat uit die vuur en uit die donker wolk. Hy het daarna die woorde op twee plat klippe geskryf en Hy het dit vir my gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hierdie is die Here se spesiale voorskrifte. Hy het dit vir julle by Horeb gegee toe julle destyds daar bymekaar was. Eers het Hy met ’n harde stem uit die vuur en die donker rookwolke met julle gepraat. Toe het Hy stilgebly en alles op twee plat klippe neergeskryf en dit vir my gegee.” |