Deuteronomy 5:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag ook nie jou naaste se vrou begeer nie, en jy mag nie jou naaste se huis, sy land of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel, of enige ding wat jou naaste s'n is, begeer nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Moenie jou naaste se vrou begeer nie. Moenie jou naaste se huis of grond, slaaf of slavin, bees of donkie of enigiets anders wat aan jou naaste behoort, begeer nie.’”
Afrikaans 1933/1953 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie -- na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Afrikaans 1983 “ ‘Jy mag nie iemand anders se vrou begeer nie. Jy mag nie sy huis begeer nie, ook nie sy grond, sy slaaf of slavin, sy bees of donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, ook nie sy saaigrond, sy slaaf en sy slavin, sy bees en sy donkie, of enigiets wat aan jou naaste behoort nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “ ‘Jy mag nie 'n ander man se vrou vir jouself wil hê nie. Jy mag nie 'n ander mens se huis vir jouself wil hê nie, ook nie sy grond, of sy slaaf of slavin, of sy bees of sy donkie, of enige iets wat aan 'n ander mens behoort nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Jy moenie ’n ander man se vrou begeer en haar vir jouself wil hê nie. Ook nie sy huis, sy grond, sy werkers, sy diere of enigiets anders wat syne is nie.’