Deuteronomy 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Eer jou vader en jou moeder, soos die HERE jou God jou beveel het; dat jou dae verleng mag word en dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God jou gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Behandel jou pa en ma met respek, soos wat die Here jou God jou beveel om te doen. Dan sal jy lank en gelukkig lewe in die land wat die Here jou God aan jou gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee. |
| Afrikaans 1983 | “ ‘Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy 'n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Behandel jou vader en jou moeder met eerbied soos die Here jou God jou beveel het, sodat jy lank kan leef, en sodat dit met jou goed kan gaan op die grond wat die Here jou God vir jou gaan gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ ‘Jy moet jou ouers respekteer, die Here het vir jou gesê om dit te doen. Dan sal jy lank lewe en dit sal goed gaan met jou in die land wat jou God die Here vir jou gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Jy moet jou pa en jou ma liefhê en na hulle luister, want Ek, die Here jou God, vra dit van jou. Dan sal jy lank lewe. Dan sal dit met jou goed gaan in die land wat die Here jou God aan jou wil gee. |