Deuteronomy 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En onthou dat jy 'n dienskneg in Egipteland was, en dat die HERE jou God jou daaruit uitgelei het deur 'n sterke hand en deur 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou dat jy vroeër slawe in Egipte was en dat die Here jou God jou met groot krag en magtige dade daaruit gebring het. Dit is waarom die Here jou God jou beveel om die Sabbatdag te vier.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.
Afrikaans 1983 Jy moet daaraan dink dat jy in Egipte 'n slaaf was en dat die Here jou God jou deur sy groot krag en met magtige dade daaruit bevry het. Daarom het die Here jou God jou beveel om die sabbatdag te onderhou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet onthou dat jy ook 'n slaaf was in Egipteland en dat die Here jou God met 'n sterk hand en uitgestrekte arm jou daar uitgelei het. Daarom het die Here jou God jou beveel om die Sabbatdag te vier.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet onthou dat jy ook 'n slaaf was in die land Egipte en dat jou God die Here jou van daar gebring het met sy groot krag. Dit is hoekom jou God die Here sê dat jy die Sabbatdag moet vier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op dié dag moet jy daaraan dink dat jy self ’n slaaf in Egipte was wat elke dag hard gewerk het, maar dat die Here jou op ’n wonderlike manier daar kom wegvat het. Dit is hoekom jy op die sabbat moet rus en al jou werkers saam met jou.