Deuteronomy 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; daarop mag jy geen werk doen nie, jy of jou seun of jou dogter of jou dienskneg of jou diensmaagd of jou bees of jou esel of enige van jou vee of van jou vreemdeling wat in jou poorte is; dat u dienskneg en u diensmaagd net so goed kan rus as u. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sewende dag is die Here jou God se rusdag. Op dié dag mag niemand in jou huishouding enige werk doen nie. Nie jy, jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, jou beeste en donkies of ander diere, of enige vreemdeling wat by jou woon nie. Al jou slawe en slavinne moet rus soos jy. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy g,,n werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy. |
| Afrikaans 1983 | maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of jou bees of jou donkie of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie, sodat jou werksmense kan rus soos jy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar die sewende dag is 'n Sabbat ter ere van die Here jou God. Jy mag geen werk doen nie, nie jy en jou seun en jou dogter, jou slaaf en jou slavin, jou bees en jou donkie of enige van jou diere nie, ook nie jou •vreemdeling wat by jou is nie, sodat jou slaaf en jou slavin kan rus soos jy. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar die sewende dag is die Sabbatdag van jou God die Here. Dan mag jy niks werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter, of jou slaaf of jou slavin of jou bees of jou donkie, of jou ander diere, of die vreemdelinge wat by jou woon nie, sodat jou slaaf en slavin ook kan rus, soos jy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | maar op die sewende dag moet jy rus. Dit is ’n dag wat eenkant gesit word vir spesiale diens aan die Here. Op hierdie dag moet niemand werk nie: nie jy nie, ook nie jou kinders, jou werkers, jou diere of die vreemdelinge wat by jou inwoon nie. Al jou werkers moet saam met jou op die sabbat rus. |