Deuteronomy 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal hom wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Moenie die Naam van die Here jou God sonder rede gebruik nie. Die Here sal jou nie ongestraf laat bly wanneer jy sy Naam sonder respek gebruik nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. |
| Afrikaans 1983 | “ ‘Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal dié een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal hulle wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ ‘Jy mag die Naam van jou God die Here nie gebruik vir iets wat verkeerd is nie, want die Here sal elkeen straf wat sy Naam gebruik vir iets wat verkeerd is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Moenie die Here se Naam sonder rede gebruik nie. Dink mooi voordat jy dit doen, want Ek, die Here jou God, sal nie toelaat dat mense my Naam sommer net so, sonder rede, gebruik nie. |