Deuteronomy 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en verordeninge wat ek vandag voor julle ore spreek, dat julle dit kan leer en onderhou en doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het die hele volk Israel bymekaargeroep en gesê: “Luister baie goed na die voorskrifte en bepalings wat ek vandag aan julle gee. Leer dit en maak seker julle is gehoorsaam daaraan!
Afrikaans 1933/1953 En Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.
Afrikaans 1983 Moses het die hele volk bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Israeliete, luister na die voorskrifte en die bepalings wat ek vandag hier in julle teenwoordigheid aankondig. Julle moet dit leer, dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het die hele Israel byeengeroep en vir hulle gesê: “Israel, luister na die vaste voorskrifte en beslissings wat ek vandag afkondig, sodat julle dit kan hoor. Julle moet dit leer en dit nougeset nakom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het al die Israeliete geroep en vir hulle gesê: “Israeliete, julle moet luister na die wette wat ek vandag vir julle gee, julle kan dit self hier hoor. Julle moet die wette leer en julle moet doen wat die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het almal bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Luister baie fyn na al die wette wat ek julle vandag gee. Sorg dat julle dit baie goed ken en daarvolgens lewe.