Deuteronomy 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En watter nasie is daar so groot wat insettinge en verordeninge het so regverdig soos hierdie hele wet wat ek jou vandag voorhou?
Afrikaans (NLV) 2011 Watter groot nasie het reëls en bepalings so regverdig soos hierdie wette wat ek vandag vir julle gee?
Afrikaans 1933/1953 En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?
Afrikaans 1983 Watter groot nasie se voorskrifte en bepalings is so billik as hierdie wet wat ek vandag vir julle gee?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Watter ander groot nasie het vaste voorskrifte en beslissings wat so regverdig is soos hierdie hele wet wat ek vandag aan julle gaan voorhou?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En watter groot volk het wette wat so regverdig is soos die wette wat ek vandag vir julle gee? Nie een volk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geen ander nasie, hoe groot en belangrik hulle ook al is, het sulke goeie en regverdige wette soos ons nie. En dit is hierdie wette wat ek vandag vir julle wil leer.”