Deuteronomy 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want watter nasie is daar so groot wat God so naby aan hulle het soos die HERE onse God is in alles waaroor ons Hom aanroep?
Afrikaans (NLV) 2011 Watter groot nasie se god is so naby aan hulle soos wat die Here julle God naby aan julle is wanneer julle Hom aanroep?
Afrikaans 1933/1953 Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?
Afrikaans 1983 Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want watter ander groot nasie het 'n god wat so na aan hulle is soos die Here ons God aan ons is wanneer ook al ons Hom aanroep?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ons God die Here is naby ons wanneer ons tot Hom bid. Watter groot volk het gode wat so naby hulle is?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geen ander nasie het ’n god wat so naby aan sy volk is soos die Here ons God aan ons is nie. Elke keer as ons bid, help Hy ons.