Deuteronomy 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer, soos die HERE my God my beveel het, dat julle so moet doen in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle moet hierdie reëls en bepalings gehoorsaam wanneer julle in die land aankom wat julle nou binnegaan en in besit gaan neem. Die Here my God het hulle aan my gegee en my beveel om dit aan julle deur te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die HERE my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. |
| Afrikaans 1983 | Kyk, ek het julle die voorskrifte en die bepalings geleer soos die Here my God my beveel het. Julle moet daarvolgens lewe wanneer julle in die land kom en dit in besit neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kyk, ek leer julle die vaste voorskrifte en beslissings soos die Here my God my beveel het, sodat julle daarvolgens kan leef in die land waarheen julle op pad is en wat julle in besit gaan neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister, ek leer vir julle die wette wat my God die Here vir my gesê het. Dit is die dinge wat julle moet doen in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die wette en voorskrifte wat die Here vir my gegee het, het ek julle geleer. Leef daarvolgens waar julle ook al dalk aan die westekant van die Jordaan woon. |