Deuteronomy 4:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is Beser in die woestyn, in die vlakte, van die Rubeniete; en Ramot in Gílead, van die Gadiete; en Golan in Basan, van die Manassiete.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stede was: Beser in die woestynhoogland vir die stam van Ruben, Ramot in Gilead vir die stam van Gad en Golan in Basan vir die stam van Manasse.
Afrikaans 1933/1953 Beser in die woestyn, in die landstreek van die gelykveld, vir die Rubeniete; en Ramot in G¡lead vir die Gadiete; en Golan in Basan vir die Manassiete.
Afrikaans 1983 Die stede was: Beser in die Woestynhoogvlakte vir Ruben, Ramot in Gilead vir Gad, en Golan in Basan vir Manasse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was Beser in die woestyn op die plato, vir mense van die stam van Ruben, Ramot in Gilead vir mense van die stam van Gad en Golan in Basan vir mense van die stam van Manasse.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die stede was: Beser in die woestyn op die Hoëveld vir die mense van die Ruben-stam, Ramot in die land Gilead vir mense van die Gad-stam en Golan in die land Basan vir die mense van die halwe Manasse-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die stam van Ruben is die stad Beser, ’n plek in die woestyn, gekies. Vir Gad is Ramot in Gilead en vir Manasse Golan in Basan aangewys.