Deuteronomy 4:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat die moordenaar daarheen sou vlug, wat sy naaste onverhoeds sou doodmaak en hom nie vroeër gehaat het nie; en om na een van hierdie stede te vlug, kan hy lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is stede waarheen iemand kan vlug wat per ongeluk en sonder voorbedagte rade iemand anders doodgemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat hy wat 'n doodslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly. |
| Afrikaans 1983 | waarheen iemand kon vlug as hy 'n ander doodgemaak het sonder voorbedagte rade en sonder dat daar voorheen vyandskap tussen hulle was. As hy dan na een van hierdie stede toe vlug, kon hy bly lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat iemand wat 'n medemens doodgeslaan het sonder voorbedagte rade en sonder dat hy die persoon voorheen gehaat het, daarheen kon vlug. Deur na een van hierdie stede te vlug, kon hy aan die lewe bly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand kon daarnatoe vlug wanneer hy iemand anders per ongeluk doodgemaak het. As hy die ander persoon voorheen nie gehaat het nie, dan kon hy na een van hierdie stede vlug en aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand kon daarheen vlug as hy ’n persoon per ongeluk en sonder dat hy daardie persoon haat, doodgemaak het. In daardie stede sou so iemand dan veilig wees. |