Deuteronomy 4:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onderhou dan sy insettinge en sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan, en dat jy jou dae op die aarde kan verleng wat die HERE jou God gee jou, vir altyd.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle al die gebooie en voorskrifte gehoorsaam wat ek vandag vir julle gee, sal dit met julle en met julle kinders goed gaan. Julle sal ’n lang lewe geniet in die land wat die Here julle God vir altyd aan julle gee.”
Afrikaans 1933/1953 En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders njou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.
Afrikaans 1983 Gehoorsaam sy voorskrifte en sy gebooie wat ek julle vandag beveel, sodat dit goed kan gaan met julle en julle nageslag en julle lank kan woon in die land wat die Here julle God vir altyd aan julle wil gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kom daarom altyd sy vaste voorskrifte en gebooie na wat ek vandag vir julle voorskryf, sodat dit met julle en julle kinders ná julle goed kan gaan, en sodat julle 'n lang lewe kan hê op die grond wat die Here julle God vir altyd vir julle gaan gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle moet doen wat God se wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee en wat goed sal wees vir julle en vir julle kinders. Dan sal julle lank bly woon in die land wat julle God die Here vir julle gee, vir altyd.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet vandag besluit om altyd volgens die wette en voorskrifte te leef wat ek julle nou gaan gee. Dan sal dit met julle en julle kinders goed gaan. En julle sal ook vir altyd baie gelukkig in die land bly wat die Here vir julle gaan gee.”