Deuteronomy 4:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is aan jou bekend gemaak, sodat jy kan weet dat die HERE God is; daar is niemand anders behalwe hom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hy het julle hierdie dinge laat sien sodat julle kan besef dat die Here God is en niemand anders nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie.
Afrikaans 1983 Dit is vir julle gewys dat julle kan besef die Here is God, en dat daar naas Hom nie 'n ander is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle was self ooggetuies daarvan, sodat julle kan besef: die Here, Hy is God. Naas Hom is daar geen ander nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het julle dit laat sien sodat julle dít sal weet: Hy, die Here, is God, en daar is nie nog 'n God nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het gesien wat die Here met sy groot krag kan doen. Niks staan in sy pad nie. Hy het al hierdie dinge gedoen sodat julle eens en vir altyd kan glo dat die Here alleen God is. Daar is geen ander God behalwe die Here nie.