Deuteronomy 4:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of het God probeer om vir hom 'n nasie te gaan haal uit die midde van 'n ander nasie, deur versoekings, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en deur 'n uitgestrekte arm en deur groot verskrikkinge, volgens alles wat die HERE jou God voor jou oë in Egipte vir jou gedoen het?
Afrikaans (NLV) 2011 Het enige ander god al ooit ’n nasie vir homself geneem en hulle van ander nasies gered deur rampe, wondertekens, wonders, oorloë, indrukwekkende mag en groot dade wat mense bangmaak? Dit is wat die Here julle God voor julle oë vir julle in Egipte gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?
Afrikaans 1983 Het 'n god dit ooit gewaag om vir hom 'n nasie te kom vat by 'n ander nasie, en dít met rampe, tekens, wonders, oorlog, magtige dade, wonderlike, groot dade waarvoor mense vreesbevange word? Dit alles het die Here julle God voor julle eie oë in Egipte vir julle gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Of het enige god dit al gewaag om vir homself 'n nasie te gaan neem uit die midde van 'n ander nasie, met teistering, met tekens en met wondertekens, met stryd, met 'n sterk hand en uitgestrekte arm, en met vreesaanjaende magsvertoon, soos alles wat die Here julle God voor julle oë in Egipte vir julle gedoen het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Of het 'n god tekens, wonderwerke, oorlog en groot krag gebruik en het hy só probeer om vir hom 'n volk te gaan vat by 'n ander volk? Het hy die ander volk laat swaarkry en laat skrik? Dit is wat julle God die Here vir julle in die land Egipte gedoen het, julle het dit self gesien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En of daar al ooit ’n god was wat sy eie volk tussen ’n ander volk gaan uithaal het soos die Here met julle in Egipte gedoen het. En of daar al ooit ’n volk was wat sulke wonders en grootse dade soos julle gesien het.