Deuteronomy 4:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want vra nou die dae wat verby is, wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskape het, en vra van die een kant van die hemel tot die ander kant of daar iets soos hierdie groot ding is, of is al so gehoor? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ondersoek die hele geskiedenis vanaf die tyd toe God mense op aarde gemaak het tot nou toe. Ondersoek die hemel van die een uiteinde tot die ander. Kyk of iets so magtigs al ooit gebeur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is. |
| Afrikaans 1983 | “Gaan stel ondersoek in na die verre verlede, na die dae lank voor julle tyd, van die tyd af toe God die mens op die aarde geskep het, van die een uiteinde van die hemel af tot by die ander uiteinde, en kyk of iets so magtigs al gebeur het en of so iets al gehoor is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ja, doen gerus navraag van die een uiterste van die hemel tot die ander uiterste oor wat vroeër jare, voor julle tyd, gebeur het, van die dag af dat God mense geskape het op die aarde. Het iets so groots al ooit gebeur of is daar al ooit van so iets gehoor? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, julle kan vra oor wat lank gelede gebeur het voordat julle gebore was, van die dag toe God mense op die aarde gemaak het. Julle kan oral op die aarde vra of daar so 'n groot ding gebeur het, of mense weet van so iets: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moet ’n bietjie na die geskiedenis kyk, na daardie tyd toe die Here die hemel en die aarde gemaak het. En dan moet julle vra of dit al ooit gebeur het |