Deuteronomy 4:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Want die HERE jou God is 'n barmhartige God;) Hy sal jou nie verlaat nie en jou nie vernietig nie en die verbond van jou vaders wat Hy aan hulle gesweer het, nie vergeet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die Here julle God is genadig. Hy sal julle nie prysgee of verdelg nie. Hy sal ook nie die verbond vergeet wat Hy onder eed met julle voorouers gesluit het nie.”
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE jou God is 'n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.
Afrikaans 1983 Die Here julle God is 'n genadige God. Hy sal julle nie in die steek laat of om die lewe bring nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met 'n eed aan julle voorvaders bevestig het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here julle God is immers 'n barmhartige God. Hy sal julle nie versaak nie en julle nie uitroei nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy vir julle voorvaders met 'n eed bevestig het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want julle God die Here is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry, Hy sal julle nie los nie, Hy sal julle nie heeltemal laat verdwyn nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met julle voorvaders gemaak het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou, die Here is ’n God wat oorloop van goedheid. Hy sal julle nie sommer los of weggooi nie. Hy wil nog steeds die liefdesverbond wat Hy al met julle voorvaders gesluit het, in ere hou.”