Deuteronomy 4:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar moet julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar, in ’n ver land, sal julle mensgemaakte afgode van hout en klip aanbid. Dit is gode wat nie eers kan sien of hoor of eet of ruik nie.
Afrikaans 1933/1953 En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie.
Afrikaans 1983 Dáár sal julle gode dien wat deur mense gemaak is: hout en klip wat nie kan sien of hoor, eet of ruik nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en daar sal julle gode dien, maaksels van mensehande, hout en klip wat nie kan sien of hoor of eet of ruik nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal daar moet werk vir gode van hout en klip, gode wat nie kan sien of hoor of eet of ruik nie. Mense het daardie gode gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal hulle julle verplig om ander gode te dien, gode wat mense van hout en klip gemaak het, maar wat nie kan hoor of sien of ruik nie.