Deuteronomy 4:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle, dat julle gou heeltemal sal vergaan uit die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal julle dae daarop nie verleng nie, maar met die banvloek getref word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vandag roep ek die hemel en die aarde as getuies teen julle. As julle my nie gehoorsaam nie, sal julle baie vinnig verdwyn uit die land wat julle in besit gaan neem as julle deur die Jordaan trek. Julle sal net ’n kort tydjie in die land woon en dan sal julle totaal verdelg word. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. |
| Afrikaans 1983 | Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat julle dan baie gou en baie beslis sal verdwyn uit die land wat julle in besit gaan neem sodra julle deur die Jordaanrivier trek. Julle sal nie lank in die land bly woon nie, julle sal beslis uitgeroei word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ek roep vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle, dat julle sonder twyfel spoedig sal verdwyn uit die land oorkant die Jordaan waarheen julle op pad is om dit in besit te neem. Julle sal nie lank daar bly nie, want julle gaan beslis uitgedelg word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek vra die hemel en die aarde om getuies te wees teen julle. As julle vir julle beelde maak, dan sal julle vinnig verdwyn uit die land waarnatoe julle nou gaan. Julle gaan nou deur die Jordaan-rivier om daardie land vir julleself te vat, maar julle sal verdwyn, dit is seker. Julle sal dan nie lank in die land bly nie, julle sal amper almal sterf. Dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vandag is die hemel en die aarde getuie daarvan dat ek julle gewaarsku het. As julle ’n beeld maak, sal julle uit hierdie land verdwyn. Julle en julle kinders sal dan nie vir altyd in die land bly woon waarheen julle nou op pad is nie. Julle sal vir seker uitgewis word. |