Deuteronomy 4:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy kinders en kinderkinders verwek, en julle lank in die land gebly het en julleself verderf en 'n gesnede beeld of 'n gelykenis van enige ding maak en doen wat verkeerd is in die oë van die HERE julle God, om hom tot toorn te verwek:
Afrikaans (NLV) 2011 “In die toekoms, wanneer julle reeds vir geruime tyd in die land gewoon het en kinders en kleinkinders het, moet julle nie julleself benadeel deur afgodsbeelde van enige aard te maak nie. Dit is verkeerd in die oë van die Here julle God. Dit sal Hom net kwaad maak.
Afrikaans 1933/1953 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede beeld maak, 'n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg,
Afrikaans 1983 “Wanneer julle kinders en kleinkinders het en julle oud geword het in die land, moet julle nie julle eie ondergang soek deur 'n afgodsbeeld te maak nie, want dan doen julle wat verkeerd is in die oë van die Here julle God en tart julle Hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer julle kinders en kleinkinders het en al oud geword het in die land, en wanneer julle ontaard en gesnede beelde maak, die afbeelding van enigiets, en so doen wat verkeerd is in die oë van die Here julle God en Hom uittart –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal in daardie land kinders en kleinkinders kry, maar julle moet oppas, julle moenie vir julle 'n beeld maak, iets wat lyk soos enige iets anders nie, want dan doen julle 'n slegte ding. Die Here hou nie daarvan nie, dit maak Hom hartseer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Selfs julle kinders en kleinkinders moenie later ’n beeld van iets maak en dit aanbid nie. Dit is verkeerd en so word die Here se groot Naam baie skade aangedoen.