Deuteronomy 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder was die HERE toornig op my om julle ontwil en het gesweer dat ek nie deur die Jordaan sou trek nie en dat ek nie in daardie goeie land sou ingaan wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar die Here het kwaad geword vir my as gevolg van julle optrede. Hy het met ’n eed gesê dat ek nooit deur die Jordaanrivier sal trek na die goeie land wat die Here julle God aan julle as spesiale besitting gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook was die HERE toornig op my om julle ontwil, en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee nie. |
| Afrikaans 1983 | Deur julle toedoen het die Here vir my kwaad geword en dit met 'n eed bevestig dat ek nie deur die Jordaan sou gaan en in die goeie land sou kom wat die Here julle God aan julle as besitting sal gee nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die Here was toornig op my oor wat julle gesê het. Hy het met 'n eed bevestig dat ek nie die Jordaan sal oorsteek nie en dat ek nie in die goeie land sal kom wat die Here julle God vir julle as julle erfdeel gaan gee nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my kwaad geword oor julle. Hy het gesê ek sal nie deur die Jordaan-rivier gaan nie en ek sal nie kom in die goeie land wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat julle alreeds so baie dinge verkeerd gedoen het, het die Here vir my kwaad geword en gesê ek sal nooit die Jordaan oorsteek nie. Ek sal nooit die goeie land wat die Here aan julle beloof het, binnegaan nie. |