Deuteronomy 4:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die HERE het julle geneem en julle uit die ysteroond, uit Egipte, uitgelei om vir Hom 'n erfenisvolk te wees, soos julle vandag is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou dat dit die Here is wat julle uit die brandende smeltoond van Egipte gered het. Julle het sy eie volk wat aan Hom behoort, geword. Dit is wat julle vandag is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is. |
| Afrikaans 1983 | “Vir julle het die Here gevat en uit die ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy volk te wees wat aan Hom behoort soos dit vandag dan ook die geval is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het julle geneem en julle uit 'n ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei om aan Hom te behoort, as sy eie volk, soos dit vandag is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar die Here het net vir júlle geneem om sy eie volk te wees. Hy het julle uitgebring uit die yster-smeltoond Egipte en julle is nou sy volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle is tog anders, want die Here het julle uit die slegte situasie van Egipte uitgelei. Hy het julle sy eie gemaak. Julle moet niemand anders dien nie. |