Deuteronomy 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle mag niks byvoeg by die woord wat ek julle beveel nie, en julle mag niks daarvan verminder nie, dat julle die gebooie van die HERE julle God wat ek julle beveel, kan onderhou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie iets byvoeg of wegvat van die gebooie wat ek vir julle gee nie. Gehoorsaam net die gebooie van die Here julle God wat ek vir julle gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel. |
| Afrikaans 1983 | Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie wat ek julle gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle mag niks byvoeg by alles wat ek julle beveel nie, en julle mag niks daarvan weglaat nie. Kom die gebooie van die Here julle God, na wat ek julle beveel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet doen wat die wette van julle God die Here sê, die wette wat ek vir julle gee. Julle moet niks bysit by die dinge wat ek vir julle leer nie, en julle moet niks daarvan wegneem nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet niks bysit by hierdie wette nie en moet ook niks daarvan weglaat nie. Leef voluit volgens die Here se wil. |