Deuteronomy 4:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en dat jy nie jou oë na die hemel opslaan en as jy die son en die maan en die sterre sien nie, ja, die hele leër van die hemel, verdryf sou word om hulle te aanbid en hulle te dien wat die HERE jou God verdeel het aan al die nasies onder die ganse hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer julle opkyk in die lug en die son, maan en sterre sien, alles in die lug, moet julle hulle nie aanbid nie. Die Here julle God het die hemelliggame vir al die volke op aarde bestem. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie -- dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer julle na die hemelruim opkyk, die son, die maan en die sterre, enige hemelliggaam, moet julle nie julle hoop op hulle vestig nie. Moet julle nie laat verlei om hulle te vereer en te dien nie. Die Here julle God het hulle toegeken aan al die volke op die aarde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en sodat julle nie na die hemel opkyk en die son en maan en sterre sien, enige van die hemelliggame, en julle laat verlei om voor hulle in aanbidding te buig en hulle te dien nie. Die Here julle God het hulle aan al die ander nasies onder die son toegewys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet versigtig wees wanneer julle na die lug kyk en die son en die maan en die sterre sien, alles in die lug. Julle moet oppas dat dit julle nie verlei om vir hulle te buig en hulle te dien nie. Julle God die Here het hierdie dinge gegee vir al die volke in die wêreld, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer julle na die hemel opkyk en julle die son, die maan en die sterre sien, moet julle hulle tog nie begin aanbid of dien nie. Dit is wat die ander volke doen en wat die Here hulle ook toelaat om te doen. |