Deuteronomy 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat julle nie julself verderf en vir julle 'n gesnede beeld maak, die gelykenis van enige gestalte, die gelykenis van man of vrou nie, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, wees versigtig om nie vir julleself enige beeld in enige vorm te maak nie, manlik of vroulik, |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle 'n gesnede beeld, 'n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: 'n afbeelding van man of vrou, |
| Afrikaans 1983 | Moenie julle eie ondergang soek deur vir julle 'n afbeelding as afgodsbeeld te maak nie: nie van 'n man of 'n vrou nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat julle nie ontaard en vir julle 'n gesnede beeld maak nie: die sigbare gestalte van enige godefiguur, 'n manlike of 'n vroulike afbeelding, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet versigtig wees dat julle nie 'n slegte ding doen nie, julle moenie vir julle 'n beeld maak wat lyk soos iets anders nie: nie soos 'n man of 'n vrou, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom moet julle nooit ’n beeld van Hom maak nie. Julle mag Hom nie as ’n man of ’n vrou, |